You are currently viewing SKOLENUUS 14/10/2019

SKOLENUUS 14/10/2019

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Suidies is baie trots op Rudi Steyn se rugby prestasie hy het die KZN 0/18 Jeug Klubspan verteenwoordig en by die toernooi het hul ‘n SA Jeug Klub 0/18 span aangekondig en Rudi is deel van dié span.

Die skool groet Hoffie Viljoen en wens hom en sy familie sterkte toe met hul emmigrasie na Australië.

Vrydag, 11 Oktober was die laaste skooldag vir die matrikulante en Suidies wens hulle alle sterkte toe met hulle finale eindeksamen wat voorlê.

FOTO:
Foto A: Rudi Steyn
Foto B: Mnr Hoffie Viljoen