You are currently viewing SKOLENUUS 02/09/2019

SKOLENUUS 02/09/2019

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

Gholf en Simoné Ferreira word gereeld saam in een asem genoem.  Dié talentvolle meisie het al baie naam gemaak met haar gholfprestasies.  Sy het weereens aan die Junior Africa Challenge gholfkompetisie by Sanlameer deelgeneem.  Sy is as wenner van die 0/14 ouderdomsgroep aangewys.  Sy is ook geen onbekende op die podium nie.  Die afgelope 4 jaar al was sy die wenner van haar ouderdomsgroep by hierdie kompetisie.  Voorwaar ‘n prestasie waarop ‘n mens kan trots wees.

Welgedaan Simoné!!!  Ons skool is ongelooflik trots om jou as een van ons leerders te hê.

FOTO NAME

Photo A: Simoné Ferreira