Suidies het hokkie, netbal en rugby gespeel en ‘n heerlike sportdag beleef.
Die hokkiedogters eerstespan het hul wedstryd teen Port Natal aangepak met goeie spanwerk en ongelooflike spel en wen met ‘n telling van 7-0.
Suidies se netbalspanne moes die knie buig teen Port-Natal. Alhoewel ons drie spanne verloor het, het hulle aanhou speel tot die einde. Dit is hoe karakter gebou word! Koppe op en gee nooit op nie.
Die rugbyspanne het hul wedstryde in goeie gees gespeel. Die 0/14 en 0/16 manne wat teen King Edward gespeel het, het ongelukkig net-net verloor.
Die 0/15, 2des en 1ste spanne speel teen Port Natal en het briljante rugby gespeel. Die 0/15 en 2des wen albei hul wedstryde gemaklik. Die 1ste span het na ‘n naelbyt wedstryd en deur puik rugby wat gespeel was, as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n telling van 19-17. Wel gedaan manne!
Photo A:
VOOR: Janco van Heerden, Johann Pretorius, Chris Viviers, Mnr Bennie Ooshuitzen [Afrigter], Martin Fourie, Charl Dempers, Daniel van Heerden, Tiaan Henderson, Elmar Rousseau, Arno Smit
AGTER: Mnr Jakkie Herbst [Afrigter], Johan Dempers, Ndumiso Mbhele, Billy Ersamus, Kyle Janse van Vuuren, Bennett du Plooy, Blade Kiss, Rudi Steyn, Brandan Coleman, Cornel du Plessis, Christopher Burls, Shaun Randall, Ottie Gule