Suid-Natal se hokkie, netbal en rugbyspanne het Saterdag teen Port Natal in Durban deelgeneem. Baie dankie aan elke speler en afrigter wat gehelp het om van die sportseisoen ‘n sukses te maak.
Vanjaar was ‘n suksesvolle seisoen vir ons hokkiebokkies gewees. Uit 34 wedstryde het hulle net 4 verloor. Ons is ook baie trots op die volgende dogters wat vir die distriktespan gekies is. Hulle het ook aan die KZN proewe deelgeneem.
0/14 – Michelle Kretzschmar
0/16 – Carla Scholtz
Kofi Mkumla
Marizane Wagenaar
0/18 – Joalize Saayman
Baie geluk aan Marizane Wagenaar wat vir die 0/16 KZN span as ‘n nie reisende-reserwe gekies is. Suidies is sommer baie trots op jou.
FOTO NAME
Foto A: Kofi Makumla, Carla Scholtz, Michelle Kretzschmar, Joalize Saayman, Marizane Wagenaar