Suidies het aan ‘n Interskolegala by Voortrekker Hoërskool, deur 9 skole bygewoon, gaan deelneem. Ons swemmers het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Ons het die gala gewen en die trofee huis toe gebring! Baie geluk met hierdie uitstaande prestasie. Keytin Vorster het pragtig presteer en al sy individuele items in die 0/16 ouderdomsgroep gewen. Ons is baie trots op al die swemmers.
Ons atlete het die naweek in Marburg deelgeneem. Twee van ons atlete het baie goed presteer en dring deur na die KZN proewe: Henrico Burger behaal ‘n eerste plek in die 0/17 100m en 200m en Willie Delport ‘n eerste plek in die 200m seuns 0/15.
Die skool neem deel aan die DSSL Liga Dans en Jonathan Akgün verwerf ‘n 3de plek.
Baie dankie aan ons leerders! Júlle hou die Suidie-naam hoog.
FOTO NAME
Photo A: Michelle Kretzschmar en Duncan Hayes