Suidies swem dat dit spat, Vrydag 18 Januarie was die interhuisgala gehou. Swemmers het hul goed van hul taak gekwyt. Keytin Voster verbeter drie rekords: 50m vlinderslag, rugslag en vryslag. Die blouspan loop weg met die trofee as wenners van die dag.
Die volgende is ouderdomwenners:
Seuns: Billy Delport [0/14], Wiandré van der Linden [0/15], Keytin Voster [0/16], Charl Janse van Rensburg [0/17] en Arno Smith [0/19]
Meisies: Liandie du Toit [0/14], Brittney van Vuuren [0/15], Nelzaan Strydom [0/16], Caitlyn van Dyk [0/17] en Michelle Kretzschmar [0/19]
Die volgende leerders swem die volgende trofeë los:
Junior Victor Ludorum – Wiandré van der Linden
Senior Victor Ludorum – Keytin Voster
Junior Victrix Ludorum – Brittney van Vuuren
Senior Victrix Ludorum – Michelle Kretzschmar
Baie geluk aan elke swemmer wat deelgeneem het. Dankie ook aan elke beampte sonder julle sou die gala nie so ‘n groot sukses gewees het nie.
FOTO NAME
Photo A: Keytin Voster
Photo B: Michelle Kretzschmar