MARIZANE LOOP WEG MET DIE LOUERE
Sportloopbaan Beste, Leierskap en Suid-Nataller van die Jaar. Hierdie is van dié top toekennings wat ‘n Suidie kan ontvang. Gewoonlik word hierdie toekennings op geraap deur verskillende leerders maar Marizane Wagenaar, ons Hoofdogter het sowaar al drie die toekennings opgeëis.
Elkeen van die toekennings verdien Marizane deur en deur. Haar betrokkenheid by sport, kultuur en leierskap is merkwaardig. Sy weerspieël ook die Deugde van ons skool, naamlik Deugsaamheid, Empatie, Gehoorsaamheid, Dissipline en Eerlikheid.
Marizane, Suidies gaan jou mis en ons wens jou alle voorspoed toe vir ‘n blink toekoms.
FOTONAME
Photo A: Marizane Wagenaar