Op 11 Mei het die ELSEN Cravenweek proewe plaasgevind by Woodburn Stadium, Pietermartizburg. Die proewe was ‘n groot sukses met amper 60 seuns wat deelgeneem het. Hoërskool Suid-Natal het drie seuns, Kyle Jansen van Vuuren, Dylan Conradie en Hentie Smith geneem om aan die proewe deel te neem. Al drie die seuns het hulle harte uitgespeel en het die ELSEN Cravenweek Span gemaak. Hulle oefenkamp begin 19 Junie by Newton Hoërskool en op 24 Junie vertrek hulle na Vanderbijlpark om KwaZulu Natal by die ELSEN Craven week te verteenwoordig.
Photo A: Kyle Jansen van Vuuren, Dylan Conradie en Hentie Smith