Vanjaar het ons hokkiespanne nuwe hoogtes bereik. Ons 1ste hokkiespan het vanjaar hul KZN liga gewen. Hulle het al hulle wedstryde gewen en een gelykop gespeel. Ons 0/16 hokkie bokkies het derde geeïndig, in hulle liga. Hulle het ook nie ‘n wedstryd verloor nie, maar hulle het drie wedstryde gelykop gespeel.
Ons is baie trots op elkeen van hierdie dogters. Dankie ook aan al die borge en ouers vir julle ondersteuning.
Die wintersport teen Kuswag het Suidies met gemengde uitslae uit die stryd getree. Geluk aan ons 1ste hokkiespan en die 1ste rugbyspan wat ‘n ongelooflike wedstryd gespeel het.
Standup for Sadia: East Coast Radio stands up against gun violence. Hoërskool Suid-Natal leaners showed respect by painting their faces organge and to honour this beautiful little girl.
Alle oudskoliere en –personeel moet onthou van die 50 jarige feesvieringe reünie wat Saterdag om 15:00 begin in die skoolsaal. Enige navrae kontak Rita 039-6822212.
Leerders, ouers en oudskoliere kom geniet Sheppiedag saam met ons Saterdag, 9 Junie langs die sportgronde.
FOTO NAME
Photo A: Kapteine vir Sheppiedag Ashké Theron [1ste Netbal], Jarryd Berning [1ste Rugby] en Marizane Wagenaar [1ste Hokkie]