You are currently viewing SKOLENUUS 20/11/2017

SKOLENUUS 20/11/2017

  • Post author:
  • Post category:Skolenuus

TROTS AFRIKAANSE DIGTERS!

Hoërskool Suid-Natal is trots op ons 2017 Grondwoorde Digkompetisie deelnemers. Uit die 430 inskrywings is het die Suidies weggestap met 6 pryse. Nie net word 5 van ons leerders se gedigte opgeneem in die 2017 Grondwoorde Digbundel nie, maar Leritia Schoombie (Graad 12) stap weg met die R2 500 kontantprys vir die beste gedig oor Shaka Zulu en ons hoofmeisie vir 2017, Chané Venter, stap weg met die eerste plek en die groot kontantprys van R10 000.  Marléne Cloete (Graad 9), Danielle Abel (Graad 11) en Cara du Plessis (Graad 11) se gedigte sal saam met die wenners se gedigte in die 2017 Grondwoorde Digbundel opgeneem word, wat landswyd by boekwinkels beskikbaar sal wees.

KULTUUR PRESTEERDERS

Dit kom as geen verrassing dat Cindi-Mari Buitendagh Suidies se Kultuurtoekenning vir 2017 verower nie.  Haar betrokkenheid en prestasies om net ‘n paar te noem, Redenaar, Debater, Bloedskenk, Gidshond-vereniging, Eisteddfod, Cansa Relay en KZN Jeugkoor het aan haar die gesogte toekenning besorg.

Die volgende leerders het kultuurtoekennings ontvang vir beste prestasie in:

Ceresé Botha: Afrikaans Redenaars, Debater of the Year en Best Speaker in English

Leritia Schoombie: Veelsydigste Leerder in Afrikaans Huistaal Gr 12

Yulán Stander: Most versatile Gr 12 Learner

 

FOTO NAME

Photo A:         Chané Venter, Mej Carol de Villiers en Leritia Schoombie

Photo B (1):     Cindi-Mari Buitendagh, Ceresé Botha, Yulán Stander, Leritia Schoombie

Photo B (2):     Cindi-Mari Buitendagh, Ceresé Botha, Yulán Stander