SPRINGBOK TOEKENNING VIR YULáN
As toegewyde en doelgerigte Landsdiener het Yulán Stander stelselmatig begin presteer.
Gedurende haar hoërskoolfase het sy drie keer Nasionaal gekry en ook KZN by die Oos-Kaapse Jeugberaad in 2015 verteenwoordig.
Na haar leierskaptoekenning in 2016, was dit ‘n kwessie van tyd om die hoogste sport te bereik.
Yulán sê Lansdiens het haar geleer dat ‘n leier nie net praat nie, maar ook luister.
Baie geluk, Yulán, met hierdie uitmuntende prestasie. Hoërskool Suid-Natal is baie trots op jou.
Matrieksertifikate 2016: Is nou beskikbaar by die skoolkantoor.