Hoërskool Suid-Natal se atletiekspan het op Saterdag, 5 Augustus 2017, aan die Kingsway atletiekbyeenkoms te Amanzimtoti gaan deelneem. Vyftien skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Suidies-atlete het baie goed gevaar en spog met uitstekende uitslae.
Atlete wat uitgestaan het met goeie eerste/tweede plekke is:
Rachel Siyangapi [2de-800m], Adri van der Walt [1ste-diskus / 1ste gewigstoot], Marizaan Wagenaar [1ste-verspring / 2de-200m], Bronwin Day-Garden [1ste-spiesgooi], Carla Kretzschmar [2de-verspring], Jarryd Berning [1ste gewigstoot], Grant Marks [2de-gewigstoot / 2de-diskus], Michelle Kretzschmar [1ste-hoogspring / 2de-verspring], Thinus Bester [2de-hoogspring], Leslie Walker [1ste-diskus / 2de-hoogspring en verspring]
Jacques Gous het aan die Reitz rugbyweek deelgeneem in die Julie vakansie en sy goeie spel het die keurders so beïndruk dat hy vir die SA Platteland 7’s span gekies is wat in Oktobervakansie na Mauritius toer. Baie geluk Jacques.
FOTO NAME:
Photo A:
Agter: Carla Kretzschmar, Jarryd Berning, Grant Marks, Michelle Kretzschmar, Thinus Bester
Voor: Rachel Siyangapi, Adri van der Walt, Marizaan Wagenaar, Bronwin Day-Garden