LIGHTS CAMERA ACTION!!!
Op Vrydag 21 Julie het ‘n groep opgewonde graad 12 leerders van Suid-Natal Hoërskool by die Estuary opgedaag vir hul Matriekafskeid.
Die tema was Oscars en die jong dames en here was omtrent uitgevat in die mooiste skeppings! Elke leerder was genomineer vir ‘n toekenning en het ‘n Oscarbeeldjie en geskenk gekry. Die aand was suksesvol en laat menige matriek met goeie herinneringe van ‘n spesiale geleentheid in hul skoolloopbaan.
Ons wil die geleentheid ook gebruik om aan mevrou Tania le Roux en haar span personeel en ouers wat betrokke was dankie te sê, sonder die harde werk sou die aand nie ‘n sukses gewees het nie.
FOTO NAME
Photo A:
Voor: Jacques du Plessis
Agter: Leritia Schoombie, Bianca van der Merwe, Yulan Stander, Cindi-Mari Buitendagh, Carla Scholtz, Eyleen Botes, Bronwin Day-Garden
Photo B: Wessel Strydom, Demi Steyn, Christiaan Venter, Lucinda Engelbrecht, Michael Bornman, Karen Putter, Steven Voster, Justine Seagreen