Ons streef na uitnemendheid



Hoërskool Suid-Natal behaal gereeld ʼn 100% slaagsyfer en lê bo-aan die departementele rangorde vir die 122 skole in die Port Shepstone distrik.

Ons streek strek vanaf Scottburgh in die noorde, Ixopo in die weste en Matatiele in die suide en is die enigste Afrikaanse skool tussen Amanzimtoti en Oos-Londen

Suid-Natal het ‘n leerderkorps wat ons vir geen ander wil verruil nie. Die uitmuntende sportprestasies behaal deur spanne, asook individue, die oorvloedige deelname aan kulturele en Christelike uitreikaksies asook puik akademiese prestasies, is sprekende bewyse van ‘n kosbare bate wat pragtige dividende vir die skool oplewer. Dit getuig ook van die uitstekende kaliber onderwyspersoneel by ons skool.

Ons presteer op die volgende sportsgebiede: Rugby, Sokker, Netbal, Hokkie, Swem, Gholf, Krieket, Atletiek en Skaak.


Op kulturele vlak lewer ons plaaslike sowel streekvlakwenners in redenaars op. Die leerlinge ding ook mee in Engels Eerste Taal redenaars- en debatskompetisies.

Die skool beskik oor ‘n koshuis waarin daar voorsiening gemaak word vir die verblyf van hoёrskoolseuns en -dogters.


Lugfoto’s


2024 KALENDER

Download PDF here: 2024 KALENDER